Knoffelgarnale

Posted in Someting Fishy

deur Cimoné Petersen

Bestanddele:
• 800g garnale
• 500ml vars room
• Knoffel na smaak
• Vars pietersielie
• 2 eetlepels botter

Metode:
• Braai die garnale in botter en voeg knoffel by na smaak.
• Wanneer die garnale gaar is voeg room by.
• Kook totdat die room dik word en snipper pietersielie in.
• Bedien saam met 'n broodjie as voorgereg.
• Dit kan ook as 'n hoofgereg bedien word wanneer 'n slaai bygevoeg word.
• Die bestanddele is genoeg vir twee mense.