Snoek oor die kole met appelkoossous

Posted in Someting Fishy

deur Leon van Diggelen

Bestanddele
• Die sous bestaan uit een teelepel visspeserye, halwe teelepel swartpeper, 3 eetlepels botter, een teelepel olyfolie, knoffel na smaak en eetlepel appelkooskonfyt.
• Smelt botter in mikrogolfoond en dan is die sous gereed.
Resep
• Braai die vis op 'n toeknyprooster en lê uit met foelie.
• Plaas vis op die rooster met die velkant onder.
• Gooi sout en peper na smaak.
• Plaas op warm rooster en maak die sous terwyl vis braai.
• Bedruip terwyl die vis braai. Draai om elke 7 minute en bedruip.
• Gaar wanneer droog gebraai.
• Bedien met roosterbrood en konfyt en koringslaai.