Salm en spinasie lasagne

Posted in Someting Fishy

Deur Mari de Koker

Bestanddele:
• 1 Groot ui (opgekap)
• 500 g spinasie (opgekap)
• 1 groot blik pienk salm
• 2 wiele Deense feta
• Lasagne velle
• Swart peper
• Halwe suurlemoen
• 2 koppies witsous met 1½ teelepel neutmuskaat

Metode
• Braai ui tot deurskynend.
• Voeg by spinasie en braai vir sowat 5 min.
• Druk die sap van die halwe suurlemoen oor en maal swart peper oor.
• Geen sout word bygevoeg nie, want die feta gee genoeg sout.
• Breek dan die feta oor asook die growwe gevlokte salm en meng alles saam.
• Pak dan die lasagne, salm en spinasie mengsel en witsous en eindig met witsous en parmesaan of pecorino kaas oorgerasper.
• Bak tot lasagne gaar is - sowat 40 min.
• Dien op met fyn peppadew bo-oor.