Gevulde murgpampoen

Posted in Vegetables

deur Jaco Lock

• Sny in lengte deur en kook tot hy net sag is.
• Verwyder die binneste deel met 'n lepel.
• Kap uie fyn en braai apart tot goudbruin.
• Voeg binneste deel van die pampoen by en braai.
• Voeg gerasperde mozzarellakaas en feta, een sny versnipperde witbrood, fyngekapte mint en tiemie by en braai saam.
• Meng koekmeel met bietjie water en meng alles saam tot 'n dik mengsel.
• Vul die pampoen met die mengsel en bak in die oond vir sowat 40 minute.
• Bedien alles saam met basmatirys.