Groenbone met chips

Posted in Vegetables

Bestanddele
• 500g Boontjies - grofgekap
• 25ml Botter of margarien
• 3.5ml Suiker of bruinsuiker
• Peper na smaak
• 130ml Melk
• 150g Kaas-en-Uie Skyfies
- fyngemaak
• 2 Uie - grofgekap
• 50ml Meel
• 3.5ml Sout
• 1 houer Suurroom (250ml)
• 200g Kaas

Metode
• Kook boontjies tot sag.
• Skakel oond aan tot 180°C en smeer oondvaste bak.
• Soteer uie in botter tot sag.
• Roer meel, suiker, sout, en peper by uie.
• Meng melk en suurroom saam en meng met uiemengsel.
• Plaas terug op plaat en kook tot dik (roer aanhoudend).
• Meng kaas by.
• Gooi by boontjies en skep in bak.
• Strooi skyfies bo-oor en bak tot deurwarm.