Twisted blomkool

Posted in Vegetables

Deur Rinada Strydom

Bestanddele:
• 1 Blomkool
• 1 en 'n half pakkie spek
• 5 sprietuie
• Halwe pakkie sampioene
• Koppie gerasperde kaas
• Halwe koppie room
• Halwe koppie mayonnaise

Metode
• Versnipper die blomkool en kook vir 10 minute tot gaar.
• Versnipper die spek en braai tot bros.
• Kap die uie en sampioene fyn.
• Plaas die blomkool, spek, uie, sampioene in 'n bak en meng goed.
• Meng die room en mayonnaise saam en gooi oor die blomkool mengsel.
• Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir 30 minute teen 180 °C.

UA-34805051-1 UA-34805051-1