Ingelegde Beet

Posted in Vegetables

deur Magda Lourens

Bestanddele:
• 1/2 koppie asyn
• 1/2 koppie suiker
• 1 koppie water
• 1 teelepel mielieblom (maizena)
• Sout & peper na smaak
• 1 kg beet
Metode:
• Kook beet in die skil tot gaar (jy moet 'n vurk gemaklik kan insteek).
• Laat afkoel en sny in skywe of rasper.
• Kook die sous se bestanddele saam, maar roer eers die mielieblom in as die
vloeistof kook.
• Sit die beet in gesteriliseerde glasbottels en gooi die sous bo-oor terwyl dit nog warm is.
• Ek maak eerder meer sous en minder beet, want die sous moet die beet heeltemal bedek.
• Nog 'n alternatief is om 1 eetlepel kerriepoeier by te gooi, dan het die beet 'n effense blatjang smaak.

UA-34805051-1