Vleisvervangingsgereg

Written by KlerksdorpRecord. Posted in Vegetarian

deur Harry Badenhorst

Stap 1 (vorige aand)
• Sif 5 kg wit broodmeel in 'n groot skottel.
• Voeg water by en knie tot stywe deeg.
• Laat dit in die skottel onder water staan tot die volgende oggend.

Stap 2 (oggend)
• Was die deeg in die skottel water deur dit tussen jou fingers te forseer, vervang water gereeld omdat dit wit word. Hou aan tot al die stysel uitgewas is.
• Hou aan tot die gluten 'n stywe massa word.
• Laat so ruk onder water lê.
• Vul 'n groot kastrol solank half met warm water en gooi 'n halwe botteltjie Zeal in 'n kastrol en laat kook. Deel die gluten in twee ewe groot stukke, druk elk van die gluten plat en rek dit terwyl dit opgerol word.
• Rol dit toe in 'n skoon vadoek en plaas in 'n kastrol en kook vir 2 uur en 30 minute.

Stap 3 (aand)
• Meng die volgende speserye en sout goed.
• ½ teelepel borrie
• 2 teelepels uiesout
• 4 teelepels fondor/aromat
• 4 teelepels zeal
• ½ teelepel bruin suiker
• 2 teelepels selderysout
• 4 teelepels marjoram
• ¼ teelepel naeltjies
• ¼ teelepel knoffelsout
• Smeer 'n oondpan met olie en strooi 'n lagie van die geurselsoute oor. Skeur plat stukke van die opgerolde gluten af en pak in 'n oondpan. Smeer elke laag met bietjie kookolie en strooi geurselsoute oor en herhaal laag vir laag tot alles gepak is. Strooi so dik dat die geurselsoute klaar is as die gluten klaar is.
• Druk dit met die hande styf vas in die pan sodat dit goed kan insout. Laat staan oornag in yskas.

Stap 4 (oggend)
• Klits 12 hoendereiers en 4 eetlepels sojasous in 'n bak en doop elke gluten stukkie in die eiers en braai met olie in 'n braaipan tot mooi bruin.
• Hou gevries om lank te bêre.

UA-34805051-1 UA-34805051-1