Sesame hoender met feta koeskoes

Posted in With wings

deur Hanré du Toit

Sesame Hoender
• 1kg hoenderborsies opgesny in repies
• ½ Pynappel in klein blokkies gesny
• 1 Eetlepel heuning
• 2 Eetlepels Soyasous
• 1 koppie sampioene
• 1 eetlepel knoffel
• Paprika, Sout en peper na smaak
• 1 Hoender aftreksel blokkie
• Geel-en rooipeper opgesny in repies
• Sesame saad
• ½ Koppie room

Koeskoes
• 2 Koppies koeskoes (reeds gemaak)
• 1 Blok peper feta
• 1 Eetlepel olyfolie


Metode
• Braai die hoender in olyfolie oor matige hitte.
• Gooi die paprika, sout en peper oor.
• Voeg die soyasous, heuning en knoffel by en braai tot gaar.
• Voeg sampioene, geel-en rooipeper by.
• Voeg 'n halwe koppie room, die hoender aftreksel en nog speserye by.
• Haal van hitte af en besprinkel met sesame sade.
• Breek die feta by die koeskoes in en roer deur met olyfolie.
• Bedien en geniet.

UA-34805051-1 UA-34805051-1