Rooi hoender

Posted in With wings

Deur Pierre van Zyl

Bestanddele
• 2kg hoenderstukke.
• 2 blikkies tamatieroomsop (ek verkies Heinz).
• 3 lekker groot uie.
• 4 vars rissies (rooies en groenes).
• 200g koekmeel.
• 2 teelepels BBQ spesery.
• 3 eetlepels droë hoender aftreksel.
• 3 eetlepels sonneblomolie.
• Sout en peper na smaak.
• Rys of kapok aartappels om die hoender op of langsaan te skep.

Metode
• Rol die hoenderstukke in die meel en skut die oortollige meel af.
• Maak 'n diep skottel lekker warm en gooi die olie in.
• Sodra die olie begin rondspring soos 'n kat op 'n stoof kan jy maar die hoenderstukke ingooi.
• Braai die hoenderstukke mooi bruin. Moet net nie meel brand nie.
• Sit die gebraaide hoender in 'n pot.
• Sny die rissie in lekker dikkerige skywe en gooi by die hoenderstukke.
• Sny die uie in dik skywe of in 4 stukke van bo af en gooi die 3-hoek stukke in die pot.
• Gooi die res van die goeters in die pot. Dek die hoender met 'n bietjie water.
• Draai die hitte onder die pot se boude so effens sagter.
• Die hoender en die ander goed moet nou met mekaar trou.
• Maak seker die pot is nou koud genoeg sodat die goed sag en teer kan prut en nie kan vasbrand nie.
• As die sous effe dun bly kan jy maar daai wit poeier goed bygooi om die sous effe dikker te maak.
• Druk maar aan die hoeder om seker te maak dit is saggaar. Moet dit nie oorkook nie.
• Skep die rys of kapok aartappels op die bord en skep die hoender en genoeg sous daarby. Maak seker dat die hoender en rys knus bymekaar lê.

UA-34805051-1 UA-34805051-1