Aspersie-hoender

Posted in With wings

deur Celicia Steyn

Bestanddele
• 1 Heel gaar hoender
• 1 Ui fyn gekap
• 1 Koppie gekapte sampioene
• 1 Blik slaai aspersies
• 4 Eetlepels meel
• 2 Koppies hoenderaftreksel
• 1 Eetlepel botter of margarien
• ½ Koppie gerasperde    cheddarkaas
• ½ Koppie mayonnaise
• ½ Koppie room
• Sout en peper na smaak

Metode
• Braai die ui en sampioene in die botter of margarien.
• Verwyder die vel van die hoender en sny die witvleis van die bene af. 
• Voeg by die uie en sampioene.
• Gooi 1 en ʼn halwe koppie hoenderaftreksel in die pan. 
• Laat die hoender daarin prut tot fyner.
• Gooi die aspersies in die pan (onthou om te dreineer).
• Meng die room, kaas en mayonnaise en gooi in die pan.
• Meng die meel en die res van die aftreksel en gooi dit in die pan.
• Laat alles oor stadige hitte saamkook tot dit lekker romerig is.
• Bedien saam met rys en mengelslaai.

UA-34805051-1 UA-34805051-1