Kip-Kip hoendergereg

Posted in With wings

Deur Marius Koenig

Bestandele:
• 2 koppies Water
• 2 koppies Melk
• 1 pakkie sampioene
• 1 pakkie soppoeier
• ½ koppie mayonnaise
• 2 koppies rou pasta
• 1 pak bacon kips
• 1 gaar hoender
• 1 koppie kaas

Metode:
• Verhit die oond tot 180 °C.
• Meng water, melk, sampioene en soppoeier en kook in mikrogolf tot dik.
• Roer mayonnaise by die dik mengsel.
• Kook pasta in soutwater tot sag.
• Druk die bacon kips fyn.
• Vlok hoender en meng alles saam.
• Skep in oondbak, gooi kaas oor en bak tot goudbruin.

UA-34805051-1 UA-34805051-1