Lemon 2 Lime Hoenderpastei

Posted in With wings

Deur Christine Beukes

Bestanddele
• +/- 2kg Hoenderfillette (ek sit so 2 dye by) 
• Hoenderspeserye, aromat, gemengde kruie, peper en bietjie knoffel na smaak
• ½ kop fyngekapte uie
• ½ kop wortelblokkies
• ½ kop aartappel blokkies
• 250gr sampioene (opsioneel)
• Olie om uie en sampioene in te braai
• 1 pakkie hoenderroom sop, aangemaak met ‘n bietjie melk
• 250-500 ml room
• 2 rolletjies puff pastry
Metode
• Braai uie en sampioene saam. 
• Kook hoender, aartappel en wortels saam in minimum water tot sag, haal die hoender uit en maak fyn.
• Voeg nou al die bestanddele saam en kook deur.
• Laat afkoel.
• Voer groot genoeg oondbak uit met deeg (ek rol my deeg bietjie dunner uit) skep vulsel in, sit 'n deeg deksel op, druk kante vas met 'n vurk.
• Bak in oond van +/- 180 °C tot goudbruin en gaar.
• Bedien saam met slaai of groente.

UA-34805051-1 UA-34805051-1