Luiperds wil weer opstaan

Posted in Sport

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Na ‘n teleurstellende begin in die SuperSport Rugbyuitdaging is die Luiperds vol vertroue dat hulle beter sal vaar in die komende Eersteliga van die Curriebeker 2018, sê Andries de Kock, Hoof Uitvoerende Beampte van die Luiperds.

“Ons het die SuperSport Uitdaging met ‘n bitter jong span met min ervaring aangepak. Maar ons het dit gesien as ‘n leerkurwe en glo dat ons baie beter gaan vaar in die Eersteliga van die Curriebeker. Ons doelwit is om die liga te wen en selfvertroue terug te bring in die span,” sê hy.

Beserings aan sleutelspelers het dit ook nie maklik gemaak nie. De Kock sê dat drie van die span se vleuels tans op die krukkelys is.

De Kock sê verder dat daar ‘n besliste verbetering in die span se vertonings in die laaste twee wedstryde was toe hulle met die omdraaislag teen Vrystaat en Griekwas voorgeloop het, net om weer uit te sak in die laaste klompie minute.

Maar getrou aan die beste Mielieboertradisie sê die Luiperds: Hou die spasie dop, ons gaan weer opstaan.

UA-34805051-1