Jonathan “genuine” in Klerksdorp

Written by Midweek. Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Rikus de Beer alias Jonathan alias Radioraps tree eersdaags in Klerksdorp op met sy nuwe komedie produksie - “Genuine”

Radio Raps het roem verwerf toe hy ‘n paar jaar gelede vir sy vriende snaakse opnames gemaak het op sy foon en hulle dit versprei het.

Soos hulle sê: die res is geskiedenis. Rikus is ‘n boorling van Klerksdorp en het in Hoërskool Wesvalia sy skoolloopbaan voltooi.

Hy is te sien op Vrydag, 29 Junie en Saterdag 30 Junie om 20:00 by die Rio Casino en kaartjies is R150 elk.

UA-34820896-1