Home

Buurtwag soek lede

Written by Midweek. Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Freemanville Buurtwag soek jou! Dié buurtwag sluit Freemanville, Roosheuwel en Hendrik Potgieterpad in.

Volgens Danie Potgieter, voorsitter, is `n buurtwag een van die mees effektiewe maniere om misdaad te bekamp. “As Freemanville Buurtwag beskerm ons huise en besighede teen kriminele, en huisbrake en motordiefstalle en probeer ons die strate skoonhou van misdadigers.

Freemanville Buurtwag werk nou saam met die sekuriteitsmaatskappye en die SAPD om so `n formidabele span te vorm teen misdaad, en die onwettige bedrywighede,” sê hy.

Dit verg egter bereidwilligheid van individuele om deel te neem aan die beveiliging.

“Voorkoming is beter as om onkant betrap te word. Sluit aan by die buurtwag en help dat jy nie statistiek word van misdaad slagoffers nie.” Volgens hom moet die mense bereid wees om kriminele aksies te rapporteer en op die uitkyk te wees vir enigiets wat verdag voorkom.

“Lede moet weet om insidente te rapporteer aan die bestuur en lede kan die vergaderings bywoon om so op hoogte te wees van gebeure in die buurt, en insae te lewer om die buurt nog meer veilig te maak.

Om deel van Freemanville Buurtwag te wees sal onmiddellike resultate toon, om terselfdertyd die veiligheid van kinders en die ouer garde nog meer te beveilig.

`n Veilige buurt kan ons leefwyse verbeter en verminder die vrees van misdaad in die daaglikse lewe. Help asseblief om ons area veilig te maak en te hou deur by Freemanville Buurtwag aan te sluit.”

Skakel hom by 084 569 5692 vir meer inligting hoe om aan te sluit.