Home

BZN in Klerksdorp

Written by Midweek. Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Na ‘n lang afwesigheid tree ‘n internasionale groep weer in Klerksdorp op en jy kan dit gratis bywoon en die groep ontmoet!

Twee gelukkige lesers kan elk ‘n BBP-pakket wen met ‘n dubbelkaartjie, getekende CD en ‘n kans om die sterre te ontmoet. Na ‘n jarelange afwesigheid sal die oorspronklike sangers Jan Keizer en Anny Schilder, van die legendariese musiekgroep BZN, weer in SA optree.

Die vertoning in Klerksdorp vind op 3 November in die Ouditorium plaas en kaartjies is reeds by Computicket te koop. Die kaartjies kos tussen R175 en R325 elk.

Die produksie sal gevul wees met BZN se grootste treffers wat aan hul derduisende Suid Afrikaanse aanhangers opgevoer sal word in die topproduksie genaamd ‘BZN Greatest Hits Show’.

Dié unieke toer beloof ‘n nostalgiese reis deur al BZN se tydlose treffers. Die oorspronklike stemme van BZN, Jan en Anny, word boonop deur ‘n wêreldklas orkes reg uit Nederland vergesel wat beslis sal bydrae tot die betowering van hierdie lewende legendes.

Die jaar is 1965 en ‘n groep vriende vanuit die klein Nederlandse dorpie, Volendam, besluit om musiek te begin maak onder die naam BZN, kort vir “Band Zonder Naam”. Elf jaar later behaal BZN hul baanbreker status in die musiekbedryf met hul treffer Mon Amour. Dit is ook deur dié treffer wat die betowerende stem en skoonheid van Anny Schilder asook Jan Keizer as sjarmante manlike hoofsanger bekendheid verwerf.

Oor die jare het BZN se loopbaan immergroen status bereik en die groep word steeds bekroon vir hul werk en unieke musiekstyl. Sedert die tagtigerjare het Suid-Afrikaanse gehore ook aanklank gevind by BZN se ikoniese musiek. BZN se wêreldbekroonde treffers sluit in: Yeppa, Tonight, Wheels On Fire, Amore, Waltzing Maria, Le Légionnaire, Over The Hills, La France, Chrystal Gazer, Chanson d’Amour, La Saison Française, Mon Amour, If I Say The Words, The Old Calahan, Blue Eyes, en A Young Girl’s Dream.

Nádine en Gerrie Pretorius sal as gaskunstenaars optree.

Stuur ‘n e-pos met die antwoord op ‘n maklike vraag en jou kontakbesonderhede na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Die kompetisie sluit op 12 Oktober en jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
Die wenners sal deur middel van ‘n gelukstrekking bepaal word en die name sal in Klerksdorp Rekord gepubliseer word. Die vraag? In watter jaar is BZN gestig?