Home

Herman Charles Bosman herleef

Written by Midweek. Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Bosman naweek is vir skrywers en digters, en gewone mense wat van stories en musiek hou...

Die Groot Marico skud sy vere reg om gaste te ontvang tydens die Bosmannaweek van 16-18 Oktober.

Dit is ‘n kunstefees in die kleine en die verskil is die plek waar dit gehou word. Die skrywer Herman Charles Bosman het gesê: “There is no other place that I know , that is so heavy with atmosphere , so strangely and darkley impregnated with that stuff of life that bears the authentic stamp of South Africa.” Dit is teen hierdie agtergrond dat die Bosman naweek in die Groot Marico afspeel.

Gaste kan die hele naweek se kaartjies in een pakket koop, wat dan al die vertonings, al die werkswinkels, musiekvertonings, aktiwiteite en al die etes insluit van Vrydagaand tot Sondag middagete - of aparte pakkette vir slegs gedeeltes van die naweek is ook beskikbaar.

‘n Hele kaleidoskoop van vertonings word aangebied, volgens organiseerder Santa van Bart “met die hand uitgesoek “.

Die Vrydagaandprogram begin met ‘n braai en die opvoering ”Schoolteacher in the Bushveld” deur David Butler. Dit is ‘n briljante verwerking van die skrywer se werke , wat die atmosfeer skep vir ‘n verskeidenheid opvoerings en musiek en ander items deur die naweek.

Die bekroonde groep “ The Pink Couch “wat ‘n toekenning met die Grahamstadse Kunstefees gewen het, doen die hoofvertoning “After Dark in the Groot Marico “op Saterdagaand - ‘n ongewoon en humoristiese verwerking van Bosman se stories , en Antoinette Pienaar van RSG-faam kom al die pad van die Karoo om ‘n opvoering en ‘n praatjie te doen tydens die fees.

Heerlike plaaslike kos om die kampvure, mampoerproe, ‘n kunsuitstalling, dromwerkswinkels, storievoorlesings en net lekker kuier voltooi die prentjie.

Gaste kan kom leer om die masurka en die settees en ander volkdanse te doen onder die bekwame hande van Ben Raubenheimer en ook om ‘n “Laughing Yoga “sessie mee te maak saam met akteur David Muller, wat ook in die Sondagsessie te sien sal wees in ‘n opvoering “Oom Schalk from the Heart”.

Die naweekprogram is verder deurspek met storievoorlesings en ‘n unieke aanbieding van Bosman veldgedigte - aangebied deur plaaslike lede van die Bosman Literêre Vereniging en ‘n Saterdagaand skemer aanbieding van musiek en gedigte voor die hoof vertoning.

Dit gebeur nie elke dag om soveel kunstenaars van formaat tydens ‘n naweek te sien nie.

Belangstellendes kan Santa by die Inligtingsentrum op Groot Marico by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of 083 272 2958/014 503 0085 kontak wat graag ‘n naweekprogram en akkommodasie opsies sal aanstuur.