Home

Reddingsboei vir pasiënte met leukemie

Written by Midweek. Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - In Oktober fokus die land op bors- en ander vorme van kanker.
Hierdie komplekse groep siektetoestande is verantwoordelik vir talle sterftes en is ‘n beduidende deel van die gesondheidsprobleme in die land: sowat een uit elke ses mans en een uit elke ses vrouens sal in hulle leeftyd met ‘n vorm van kanker diagnoseer word.

Vorme van kanker wat bloed beïnvloed - insluitend ‘n verskeidenheid leukemies - is algemeen, en is die grootste tipe kanker onder Suid-Afrikaanse kinders tot op die ouderdom van 19.

Die meeste van hierdie pasiënte sal bloedoortappings as deel van hul behandeling nodig hê. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) beklemtoon dus die belangrikheid van ‘n genoegsame voorraad veilige bloed.

“Gee dikwels, gee mildelik, want dit is nie net die duisende leukemie pasiënte wat jou gawe van die lewe nodig het nie. Pasiënte met ander terminale siektes, ginekologiese komplikasies en ongeluk-
slagoffers is ook onder diegene wat bloedoortappings benodig.” sê Vanessa Raju, kommunikasiebestuurder van SANBS.

“Bloed is ‘n unieke mediese hulpbron - in teenstelling met ander produkte, kan dit nie in ‘n laboratorium of ‘n fabriek vervaardig word nie. Die goedhartigheid van skenkers en hulle onbaatsugtigheid is die enigste bron van hierdie lewensreddende vloeistof.”

In die geval van leukemie word kankerselle dwarsdeur die liggaam gevind, in die pasiënt se bloed of beenmurg. Daar is geen gewas of groeisel nie, wat dit moeilik maak om op te spoor en te diagnoseer.

Pasiënte ervaar verskillende simptome wat in verskeie kombinasies en ernstigheid voorkom: algemene swakheid en gevoel van moegheid; gereelde infeksies; onverklaarbare kneusing of maklike bloeding; bloed in die urine of stoelgang; of pyn in die bene of gewrigte.

“Leukemie val die liggaam se bloedtoevoer aan en belemmer die normale produksie van rooi - en witbloedselle asook plasma. Dit kom algemeen voor dat pasiënte ‘n tekort aan rooibloedselle het en dan bloedarmoede ontwikkel.

Dit laat pasiënte moeg of uitasem voel, of infeksies kom makliker voor. Behandeling vereis dat bloedtellings verhoog word met gesonde selle, wat deur bloedoortappings aangevul word” verduidelik Raju.

Sy sê dat baie mense met leukemie ervaar oortappings as ‘n reddingsboei - nuwe bloed is ‘n opkikker en met dié nuwe energie, voel hulle dat hulle die behandeling makliker kan hanteer, en vol-hou hoop dat hulle die kanker kan oorwin.

Raju sê dat kommer oor kanker ‘n belangrike rede is om bloed te skenk, aangesien meeste mense iemand ken wat kanker het, of oorlede is deur die siekte.