Wen 'n ton kunsmis

Dowwe Dolla: Nou of Nooit

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Dolla kom Aardklop toe en sy is mondig!

Die Kalf is in die Put, Cyril is in die Middel, maar Ace is nog in die Kombuis, Eskom se volgende reddingspakket is ‘n hamper met Blitz & Charcoal, Woolies verkoop hyena-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir ‘n lang kuier, ...wat alles beteken Suid Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!

Dowwe Dolla die feesflerrie kom vier haar 21ste jaar met ‘n premiere by Aardklop 2019.

Sy gaan terug na jaar blonde roots en bring ‘n “live” pianis, Coenraad Rall saam vir hierdie komedie-kabaret, maar ouder gewoonte word die rol van Dolla en Ouma Dowe Dolla steeds deur Margit Meyer-Rödenbeck vertolk. Die teks en regie word deur Jurgen Human behartig.

Die vertoning is in die Totiussaal te sien: Dinsdag 24 Sept om16:00, Woensdag 25 Sept om 20:00, Donderdag 26 Sept om 12:00, Vrydag 27 Sept om 14:00 en Saterdag 28 Sept om 15:00.

Kaartjies is by Ticketpro beskikbaar.

UA-34820896-1