Wen 'n ton kunsmis

Lenteskou se tjorre

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Hervormde Kerk Declerqville het die afgelope naweek sy lenteskou gehad en ‘n uitstalling van veteraanmotors het die besoekers gaande gehad.

Dit was die sewende jaar dat die veteraanmotors te sien was.

Die skou het op Saterdag 7 September by Hoërskool Schoonspruit plaasgevind.

André van Rooyen het dit bygewoon en sy 1969 Triumph Spitfire was te sien.

Dié rooi blits wat baie aan een van James Bond se motors herinner, is vanjaar vyftig jaar oud.

Hy het haar blinkgevryf en die “wulpse dame” het die oog gevang en is deur die besoekers bewonder.

Volgens André was sy klassieke motor die enigste Triumph Spitfire wat te sien was.

Daar was meer as sewentig motors te sien, asook heerlike basaarkos om te koop en springkastele vir die kinders.

UA-34820896-1