Flooze kuier op Stilfontein

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Stilfontein - Die Flooze of Sorina soos sy ook bekendstaan, tree vandeesweek by die plaaslike hoërskool op.

Die vertoning vind op Vrydag 11 Oktober in die klubhuis plaas en dit beloof ‘n aand vol pret.

Volgens Ruthea Coetzee bied die skool die vertoning aan om as blootstelling vir die skool te dien en hulle beplan om meer sulke geleenthede aan te bied.

Die vertoning sal om 18:30 begin met Dirkie wat die voorprogram sal lewer en dan sal die Flooze van 19:00 af optree.

Die kaartjies kos R150 elk wat ‘n braaipakkie, pap, sous en slaaie insluit.

‘n Tafel met tien sitplekke kos R2 00 en drinkgoed sal op die tafel wees. Dit sluit ook die braaipakkie, pap, sous en slaaie
in.

‘n Veiling sal ook plaasvind.

Kaartjies is by die hek of by Ruthea, 076 042 3921, of Landie, 079 896 3662, beskikbaar.

UA-34820896-1