Steek die vuur aan

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Wolmaransstad - ‘n Musiekfees op die dorp beloof bevonkte kunstenaars op een verhoog.

Die Vonkfees vind op Vrydag 18 Oktober by die plaaslike hoërskool plaas. Die hekke sal om 16:00 open met die musiek wat van 18:00 die dorp aan die brand sal sing.

Vyf kunstenaars sal optree met Karlien van Jaarsveld (18:00), Refentse (19:30), Jo Black (21:00) en Dewald Wasserfall om 22:00.

Die organiseerders beloof lekker eet- en drinkgoed, ‘n dansbaan vir die wat litte wil losmaak en kindervermaak.

Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Laerskoolkinders betaal R100 elk, terwyl hoërskoolleerlinge en volwassenes R200 elk betaal.

Meer inligting is beskikbaar van die hoërskool by 018 596 1113 en op Facebook by Vonkfees Wolmaransstad.

UA-34820896-1