Radio se laaitie deel verhoog met BZN

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Ignaz Streicher, omroeper en stasie-bestuurder van Overvaal Stereo, het naam gemaak tydens konserte van BZN die afgelope naweek.

Streicher was die seremoniemeester tydens die internasionale groep se vaarweltoer in Kaapstad en Carnival City in Brakpan.

Jan Keizer, die manlike sanger van die groep, het sy laaste konsert ooit op Sondag 13 Oktober gehou, want hy het nou 70 jaar oud geword.

Die groep is staande toegejuig tydens hul laaste konsert toe hy sy ondersteuners wat hom bykans veertig jaar ondersteun het, gegroet het. Die konsert is vir Nederlandse televisie opgeneem.

UA-34820896-1