Brul vir die gemeenskap

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die 20 ste toy run vind op 16 November plaas en dit beloof om ‘n dag vol pret en plesier te wees net soos die bikers kan.

Spikes Lawrence, voorsitter van die komitee, verwag tussen 350 en 400 motorfietse, want al die klubs in Klerksdorp, Potchefstroom en Lichtenburg wat betrokke is en ryers van Gauteng verwag word.

Al die ryers kom om 11:00 by Matlosana Mall bymekaar vir die massarit en dan eindig hulle by die Portugese saal.

Volgens Lawrence werk hulle nou met die verkeer saam om die roete te beveilig en is veiligheid baie belangrik.

By die saal sal T-hemde en badges te koop wees, Kwaggabees sal musiek maak en daar sal ‘n kontantkroeg wees met ‘n klomp stalletjies. Die toegang? ‘n Speelding.

‘n Gelukstrekking word gehou en kaartjies is teen R10 elk te koop.

‘n Vierwielmotorfiets (Falcon 150), kontant en ‘n trekstang is op die spel wat deur Pat’s Scooter World geborg word.

UA-34820896-1