Verskeie Geloftefeeste in die omgewing

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Gelof-tedag word op 16 Desember weer op verskeie plekke in en om Klerksdorp gedenk.

Die Verkenners se plaaslike tak hou jaarliks ‘n Geloftefees by Morester Hervormde Kerk langs die N12. 

Daar is nie net 09:00 ‘n erediens nie, maar ook ‘n gesprek oor die geskiedenis van die slag van Bloedrivier en die Gelofte om so nie net die dag as ‘n Sabbatdag te vier nie maar juis ook met die kinders en opkomende geslagte die geskiedenis en betekenis van Geloftedag te deel.

Ds Andre Rudman van die EGK en Pieter Aucamp sal praat. Daar sal ook ‘n vingerete bedien word by ‘n historiese uitstalling na die erediens in die kerksaal.

Op Orkney het die gemeenskap om 08:00 ‘n tradisioenele Geloftefees wat die APK, Hervormers en NG kerk almal ondersteun.

Dit vind by die Hervormde Kerk plaas en sal begin met ‘n historiese vertelling deur ds Joseph Steyn wat ook voorlaaiers gaan skiet en die agtergrond rondom die fees vir die kinders bietjie meer tasbaar en verstaanbaar maak. 

Daarna sal ds Wessel Swart die Geloftediens lei en na die bevestiging van die Gelofte word daar koeksisters en melktert in die saal bedien.

Oudorp se Hervormde Kerk het om 09:00 ‘n Geloftediens wat deur ds Piet Botha gelei sal word. Dis net ‘n erediens en almal is welkom.

Vir die wat ‘n lekker plaas Geloftefees wil beleef, hoef niemand verder te ry as Sendelingsfontein nie. Dit is uit op die N12 na Wolmaransstad.

Daar word saamgesing, Geloftediens gehou om 10;00 deur ds Joseph Steyn en daarna is daar ook ‘n lekker ete te koop sodat almal kan saam eet en kuier.

Bring eie eetgerei en stoele en beleef ‘n heerlike ouwêreldse Geloftefees.

UA-34820896-1