Wen kaartjies na Steve se Country konsert

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Steve Hofmeyr het naamgemaak as Bruce Beyers in die tagtigerjare op TV in Agter elke man, het die vroue se kniee lamgemaak en nou sing hy countrymusiek. Hy kon nog altyd ‘n vol saal trek.

Sy nuutste album bevat verskeie country gunstelinge en hy bring dié konsert na Klerksdorp.

Van die liedjies sluit in Take Me Home Country Roads, The Part Of Me That Needs You Most, Mammas, Don’t Let Your Babies Grow Up To Be Cowboys, en It’s You, It’s You, It’s You.

Die vertoning vind om 19:00 op 13 Maart in die Herlewingsentrum (PPK langs die N12) plaas. Die kaartjies is reeds teen R130 elk beskikbaar.
Kaartjies kan by Audrey (076 862 3291) of by All About Bags by MCC Spar gekoop word.

Niemand hoef dié aand honger en dors te wees nie, want koeldrank en verversings sal te koop wees.

Meer inligting oor die album is by www.stevehofmeyr.co.za beskikbaar.

Twee dubbelkaartjies kan gewen word. Stuur die antwoord op ‘n maklike vraag en jou kontakbesonderhede na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Die kompetisie sluit op Woensdag 11 Maart.

Vraag: Wat is Steve se karakter in Agter elke man se naam? Die wenners sal telefonies in kennis gestel word.