Skoolkinders se besemdans lok wye reaksie

Posted in Latest News

Klerksdorp Hoërskool se opedag op Donderdag 23 Julie het om verskeie redes aandag getrek, maar ‘n spontane langarm-dans tussen twee leerlinge het sosiale media aan die gons. Mieke van der Merwe en MJ Mostert se voete het gejeuk terwyl boeremusiek oor die luidspreker gespeel het en toe maak hulle ‘n plan.

Mieke het ‘n besem in ‘n klas gegryp om hulle te help met sosiale afstand en so nou en dan is die maskers ook laat sak om bietjie asem te skep, maar dans dans die twee te lekker. Volgens Leon Bevan, Bemarker, was dit so spontaan en onbeplan, hy is nou nog verstom oor die reaksie nadat hulle die video op die skool se Facebook-blad geplaas het. Dit is binne ‘n uur meer as 500 keer gedeel. Oor die naweek het meer as 890 000 mense al na die video gekyk. Die video is ook op Klerksdorp Rekord se blad gedeel, gaan kyk as jy dit nog nie gesien het nie.