Plaaslike sangeres se musiekvideo trek aandag

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die stad het talle kreatiewe mense en Bonnie Jackson (oftewel Leandri Day) is ‘n nuwe ster op die horison. Bonnie Jackson se nuwe video vir haar liedjie “Lost” is baie goed ontvang toe hy op Vrydag 9 Oktober die eerste keer by die Nuwe Lewe-sentrum gespeel is.

Die liedjie is ook die eerste keer die aand op OFM gehoor.

Sy het aan Klerksdorp Midweek gesê sy wil graag haar musiek na die mense bring en dat dit baie harde werk was om alles reg te kry vir die groot aand.

Die gaste was uitgevat en jy kon die nuwe ster en haar medespelers in die video (Marelize Nel en JP van der Schyff) deur ‘n ring trek.

‘n Modevertoning met Elmarie Jooste Couture het plaasgevind asook vertonings deur Almur Marais en Arno Jordaan.

UA-34820896-1