Klerksdorpers pak tassies vir gr 1’s

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - ʼn Groep vrywilligers van Solidariteit Helpende Hand se Noordwes streek het verlede week altesaam 612 skooltassies vir behoeftige graadeentjies gepak.

 

Hierdie tassies sal in die begin van  2016 aan 41 laerskole in die omgewing geskenk word.

“Helpende Hand glo dat armoede uitgewis kan word deur in opleiding te belê, en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by graadeens geskep word wanneer hulle die nodige skoolgoedjies kry. Dis ongelooflik om die kinders se opgewonde gesiggies te sien wanneer hulle die nuwe skooltassies uitpak,’’ sê Jaco Faurie van die plaaslike tak.

Elke skooltassie sal soos gewoonlik al die nodige skryfbehoeftes bevat, maar vanjaar sal daar ʼn paar by-komende items wees.

Die inhoud van die tassie moet daartoe bydra dat hulle “Eendag as ek groot is”-droom ʼn werklikheid kan word. Daar sal in totaal 4 762 tassies landswyd aan behoeftige graadeens geskenk word en die totale waarde van die projek is nagenoeg R1,8 miljoen.

Jy kan help om seker te maak dat hierdie kinders se “Eendag as ek groot is”-droom ’n werklikheid word. SMS die woord “Tassie” na 38969 om R10 te skenk wat kan bydra om ʼn tassie vol skryfbehoeftes te maak.

Vir meer inligting, skakel die streekkantoor op 018 468 8533 of stuur ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

UA-34820896-1