Prysgeld nou meer vir skryfkompetisie

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - As jy ‘n tiener is, en mal is oor lees het jy dalk al gedink om self iets te skryf…

Nou is ‘n gulde geleentheid met die sluitingsdatum vir die leesD!T boekeprogram se kompetisie vir jong skrywers wat met nog ‘n maand uitgestel is. Dié radioprogram op Life FM en Klerksdorp Rekord het kragte saamgesnoer en die kortverhaal-skryf-kompetisie vir 12-18 jariges van stapel gestuur.

In samewerking met AfriForum, #leef-liefde en die Sanctuary Boekfees word tieners genooi om ‘n Afrikaanse kortverhaal tussen 800 en 2200 woorde te skryf en vir die kompetisie voor te lê. Die nuwe sluitingsdatum is 1 Oktober.

Boonop is die prysgeld ook verhoog en is die totale prysgeld van R25 000 opgeskuif na R40 000. Die beste kortverhaal se skrywer word met R10 000 beloon. Daar is tien kontantpryse vir die eerste tien plekke op die spel. Die organiseerders wil tieners aanspoor om hul bloot te stel aan ‘n wêreld van woorde en verbeelding.

Dié kompetisie is slegs vir Afrikaanssprekendes en leerlinge reg-oor Suid-Afrika mag inskryf. Dit is belangrik dat deelnemers aan ‘n skool verbonde is en betrokke onderwysers asook ouers moet die inskrywing onderteken. Slegs een inskrywing per leerling word toegelaat en die kortverhaal mag ook nie reeds vir ‘n ander kompetisie voorgelê wees nie.

Daar is drie temas waarvan jy kan kies a. #leefliefde b. Eenheid c. Ander.

Stuur ‘n Whatsapp na Salomé Kotzé by 079 876 7616 indien jy meer info oor die kompetisie verlang. Die inskrywingsvorm, vrywaringsbrief van die onderwyser en toestemmingsbrief van ouers moet jou kortverhaal vergesel en kan elektronies per epos ingedien word by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

UA-34820896-1