Jay kom kuier in Klerksdorp

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Western Pub & Grill is dié plek om te wees om lekker kos, vermaak vir die jongspan en van ons land se beste kunstenaars in aksie te sien.

Jay is op 18 September om 18:00 te sien. Kaartjies kos R150 elk. Kos sal te koop wees en vermaak vir die kinders sal verskaf word. Kampstoele ook welkom.

Die kuierplek is 3.5km op die Faan Meintjes-pad aan die regterkant (net voor die skietbaan). Parkering is nooit ‘n probleem nie en die hele gesin is welkom om saam te kuier met speelplek vir die jongspan terwyl die ouers binne kuier. 

Wanneer daar funksies aangebied word, is daar nog ekstra vermaak vir kleingoed soos trapkarre wat hul besig hou en boeresport aktiwiteite vind ook gereeld plaas.

Hul kombuis is elke dag oop vanaf 10:00 en bedien iets vir elke smaak. Sondag-middagetes is veral gewild weens bekostigbare pryse, so gaan loer in om hul spyskaart onder oë te kry. Jy sal gou vind hier is Boere-gasvryheid aan die orde van die dag en met ‘n rustige plaasatmosfeer sal dit amper voel jy is met vakansie.

Western Pub & Grill se Facebook-blad sal jou op hoogte hou van gebeure en spesiale aanbiedings op die spyskaart.

Vir kaartjies vir Jay se optrede, skakel Audrey by 076 862 3291. Kaartjies is ook by Bosveld Slaghuis te koop.