Skuif reg vir Woordfees TV

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Woordfees wat jaarliks in Stellenbosch plaasvind, word nog tot Donderdag 7 Oktober op kanaal 150 op DStv uitgesaai. Intekenaars op die Premium en Kompak Plus-pakkette sal dit kan sien en teen geen ekstra betaling nie.

Die kanaal sal alles dek van skrywerswerkwinkels, teater, musiek in al sy vorme, dans, debatte en visuele kuns. Alle Afrikaanse programme sal Engelse onderskrifte hê.

Van die top programme is teaterproduksies soos Sê groete vir ma, Karoo Suite 1 en 2 met Deon Meyer en Coenie de Villiers en Amanda Strydom se Stadig or die klippers. Musiekuitvoerings sluit in konserte van Heuwels Fantasties, Karen Zoid saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes, die Stellenbosch Universitetitskoor in konsert en nog baie meer.

Saartjie Botha, feesdirekteur, is baie opgewonde oor die nuwe konsep en sê “dit is ‘n gulde gelentheid om die fees te beeldsend, dit is veilig en niemand hoef Kaap toe te ry nie. Ons kry ook ‘n heel nuwe gehoor. Dit hou ook die kunste lewendig”.

Volgens Karen Meiring is die projek van Kyknet ‘n eerste en ‘n vars nuwe kanaal vir DStv.

UA-34820896-1