Jazz ontmoet tango

Written by Midweek. Posted in Regular

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Die plaaslike pianis en dosent in klavier aan die NWU Skool vir Musiek, Truida van der Walt, het ‘n dosyn van haar musikale vriende genooi om saam met haar op te tree in ‘n konsert in ligte luim met ‘n jazz-geur.

Dit sal plaasvind op Dinsdag 15 September om 19:30 in die Konservatoriumsaal.

Die program bevat heerlike luistermusiek van die tango-meester, Astor Piazzolla, uittreksels uit Claude Bolling se jazz suites vir fluit en trompet, en liedere van Jerome Kern (onder andere Smoke gets in your eyes), George Gershwin (Summertime en Let’s call the whole thing off), Cole Porter (I get a kick out of you), en Bob Thiele se What a wonderful world.

Truida se vriende wat aan die uitvoerings gaan deelneem, is: Alida Bester (kontrabas), Yvonne-Marié Brand (trompet), Human Coetzee (tjello), Tiaan Engelbrecht (kitaar), George Fazakas (fluit), Piet Koornhof (viool), Jana Mathee (sopraan), Dirkie Nell (trekklavier), Antoinette Olivier (sopraan), Justin Sasman (tromboon), Jardus Smith (slagwerk) en GP van Rheede van Oudtshoorn (bariton).

Kaartjies teen R75/R50 is beskikbaar by die Konservatorium), PUK, Protea Boekwinkel), aanlyn by www.artema.co.za en www.facebook.com/NWU.Music, of 30 minute voor die konsert by die loket.

Volledige program:
Astor Piazzolla - Libertango / Oblivion / Patchouli / Invierno Portena.
Jerome Kern - I won’t dance / All the things you are / You couldn’t be cuter / Smoke gets in your eyes.
Claude Bolling - Selected movements from: Suite for Flute and Jazz Trio / Toot Suite for Trumpet and Jazz Trio.
George Gershwin - Summertime / Let’s call the whole thing of.f
Bob Thiele - What a wonderful world.
Cole Porter - I get a kick out of you.