Motorklub hou Franse oggend

Written by Midweek. Posted in Regular

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Lede van die Wes Transvaalse Ou Motorklub het op Sondag 2 Junie, hulle berets en Franse ontwerpers-nommertjies uitgehaal en hul ou motors afgestof vir ‘n propperse French Affaire.  

Hulle het Klerksdorp se strate behoorlik op horings geneem met ‘n pret soektog op soek na Franse name soos ‘n chateau, ‘n boutique, cul de sac en die Franse motorvervaardiger, Renault, se staanplek in die stad. 

Na die mini-tydren, was hulle bevoorreg om die eerste gaste te wees by die I Bistro Café and Bar in Chris Hani-straat. Almal was verstom om die transformasie van die ou Art Deco-gebou te sien. Die décor is volgens lede van die motorklub iets om te aanskou - hulle het spesiaal vir die veterane (en hulle chic metgeselle) ‘n uitmuntende driegang-maaltyd voorgesit.

UA-34820896-1