Stilfonteiners weer na stembus

Written by Midweek. Posted in Regular

Klerksdorp Midweek, Stilfontein - Inwoners van Stilfontein se wyk 30 stem op Woensdag 10 Julie vir ‘n nuwe raadslid.

Dit is nodig nadat Willie Louwrens van die DA in Mei vanjaar as raadslid bedank en sy uittrede uit politiek aangekondig het. Hy het aan Klerksdorp Rekord gesê dat hy op ‘n stadiger pas wil lewe. Louwrens het in Maart sy 77ste verjaardag gevier. Hy het nie sy tweede termyn as raadslid voltooi nie.

Die wyk wat aan die DA behoort, moet nou ‘n nuwe raadslid kry en behalwe vir die DA is daar ‘n paar ander partye wat hul oog op die wyk het.

Die DA het Bea-Campbell Cloete as hul kandidaat verkiesbaar gestel. Vir die VF Plus is Fanie Kloppers op die lamppale met IRASA wat ‘n voormalige munisipale amptenaar, Jonathan Fourie in die kryt sit.

Irasa is ‘n belastingbetalersvereniging wat by die OVK geregistreer is om vir beide wyks- en proporsionele verteenwoordigers te kan stem. Fourie woon op Stilfontein.

Die ANC se kandidaat vir die tussenverkiesing is Mamiki Annah Makhetha.

Geregistreerde kiesers kan op 10 Julie in die People’s Hall en by Laerskool Driefonteine hul kruisies trek.

UA-34820896-1