Potch trio in konsert

Written by Midweek. Posted in Regular

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Drie bekende Potchefstroomse musici, Piet Koornhof, Human Coetzee en Jana Mathee, span kragte saam met die uitvoering van drie uitsonderlike klaviertrio’s wat strek vanaf die vroeë Romantiek tot en met die Moderne styltydperk.

Die gehoor word op Dinsdag 16 Julie getrakteer op die ikoniese “Ghost”-trio van Beethoven, ʼn bekoorlike trio deur die Spaanse komponis Turina wat bestaan uit verskeie Andalusiese volksmelodieë, asook die tweede klaviertrio van Shostakovich wat gekomponeer is gedurende die Tweede Wêreldoorlog.

Kaartjies teen R90/R60 is beskikbaar by die Konservatorium, PUK-Kunste, Protea Boekwinkel, aanlyn by www.artema.co.za en www.face-book.com/NWU.Music, of 30 minute voor die konsert by die loket.

UA-34820896-1