Sien Elandré twee keer op een dag

Written by Midweek. Posted in Regular

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - NG Welsyn hou oudergewoonte hul jaarlikse vrouedag ontbyt in Augustus en vanjaar sal Suid-Afrika se blonde, blouoog sangsensasie, Elandré die skare vermaak.

Kaartjies vir die ontbyt op 24 Augustus is uitverkoop, maar diegene wat hom nie wil mis nie, kan sy konsert by NG Kerk Doringkruin om 18:30 dieselfde dag bywoon. Kaartjies vir die vertoning is R50 per persoon.

Toe Elandré Schwartz oornag in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte geklim het, kon `n mens nie anders as om verlief te raak op sy unieke stem, musiekstyl en voorkoms nie. Dit is glad nie meer `n geheim dat sy eerste debuut-album “Kleindorp Dromer” spoedig Goue Status ontvang het en steeds op digitale platforms se ranglyste pronk nie. Sy tweede ateljee-album BOOMHUIS is onlangs bekendgestel en is gereed om die jong sanger en liedjieskrywer na nuwe en hoër hoogtes te neem.

Hierdie album is `n persoonlike uitnodiging om hom te vergesel in sy Boomhuis, die plek waar jy jouself kan wees en uitbeeld in vryheid. Die album is volgepak met treffers. Die eerste enkelsnit “Vuur Op Die Water” is reeds een van die grootste Afrikaanse treffers van 2019. Die enkelsnit komplimenteer Elandré se unieke styl en bring`n vars en aangename verrasing.

Hy het in 2017 ‘n Bokkie-toekenning gewen as Nuweling van die jaar en in 2018 ‘n Ghoema en Huisgenoot Tempo toekenning ge-
wen.

Skakel Aletta Joubert by 083 440 4838 of die kerkkantoor by 018 468 5002 as jy kaartjies vir die aandkonsert wil koop.