Skuif dié week reg vir Woordfees TV

Written by Midweek. Posted in New Series

Met Aardklop wat vanjaar in Pretoria plaasvind en die kunste wat nog sukkel om op die been te kom, het kunsliefhebbers ‘n geskenk wat op hulle wag.

Die Woordfees wat jaarliks in Stellenbosch plaasvind, word van 1 tot 7 Oktober op kanaal 150 op DStv uitgesaai. Intekenaars op die Premium en Kompak Plus-pakkette sal dit kan sien en teen geen ekstra betaling nie.

Die kanaal sal alles dek van skrywerswerkwinkels, teater, musiek in al sy vorme, dans, debatte en visuele kuns. Alle Afrikaanse programme sal Engelse onderskrifte hê.

Van die top programme is teaterproduksies soos Sê groete vir ma, Karoo Suite 1 en 2 met Deon Meyer en Coenie de Villiers en Amanda Strydom se Stadig or die klippers.

Musiekuitvoerings sluit in konserte van Heuwels Fantasties, Karen Zoid saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes, die Stellenbosch Universiteitskoor in konsert en nog baie meer.

Saartjie Botha, feesdirekteur, is baie opgewonde oor die nuwe konsep en sê “dit is ‘n gulde geleentheid om die fees te beeldsend, dit is veilig en niemand hoef Kaap toe te ry nie.

“Ons kry ook ‘n heel nuwe gehoor. Dit hou ook die kunste lewendig”.

Volgens Karen Meiring is die projek van Kyknet ‘n eerste en ‘n vars nuwe kanaal vir DStv.

UA-34820896-1