VUURVRETER
deur Joha van Dyk • Human & Rousseau
Vuurvreter is die tweede titel in die Branderjaer-sage. Dit is vir lesers ouer as 14 jaar. Die skrywer is ‘n nagraadse student aan die US en Branderjaer was haar debuutroman in 2020. Hierdie reeks is reeds belowend om baie jong mense aan die lees te kry, so moet nie op die lekkerte uitmis nie! Dit is egter nie noodsaaklik om eers Branderjaer te lees nie, die boeke is ewe lekker op hul eie ook.
Oor die boek: Malherbe Albertyn, oftewel Vuurvreter, beplan om sy somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na die waarheid, na iets buiten die bloedskuld wat hy en sy bendebroers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag. Saam ontdek hulle baie meer as waarop hulle gebargain het. Is Ylwoud die antwoord op Malherbe se suster se verdwyning?