Roxy

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

deur Kristel Loots - Uitgegee deur Lapa Uitgewers - Resensie: Maryke van Rensburg

Daar is iets in `n naam. Dis asof iemand se persoonlikheid, maniertjies en straks, hul toekoms daarin opgesluit word. Roxy - wanneer jy die naam in jou mond rol en dan uitspreek, word jy dadelik weg gevoer na `n besige lewe van `n vrou wat `n amper dubbele lewe lei - of eerder - haar ware en meer sensitiewe kant beskerm met `n harde dop van warm, maar niksseggende romanses en les bes `n traak-my-nie-agtige houding.

Tydloos

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

deur Madelie Human (Romanza)
Louise van der Merwe, skrywer - Ek het lanklaas ‘n boek so geniet soos wat ek Tydloos geniet het. Hierdie skrywer het met haar debuut in volwasse Afrikaanse fantasie enige en almal se pogings tot dusver uitgestof en staan met ʼn blink vyf sterre heel bo op die troon! Madelie Human se ervaring en ondervinding van oor die 36 publikasies is tasbaar in hierdie Romanza opgesluit.

Near Dark

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

deur Brad Thor (Spanningsriller)
Stefaans Coetzee, skrywer - Na 19 boeke in ’n reeks dink mens maklik jy het al alles gelees wat Brad Thor na jou kant toe kan gooi (veral na Spymaster se cliffhanger einde), maar Scot Harvath pronk nie verniet gereeld op die #1 New York Times se blitsverkoperslys nie.

Wolk

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

deur Hannes Barnard (jeugfiksie 13+)
Louise van der Merwe, skrywer - Hannes Barnard het iets reggekry wat min skrywers al ooit kon doen - hy het my 4:30 in die oggend laat opstaan sodat ek kon klaar lees wat ek die vorige aand mee aan die slaap geraak het en myself oor wakker gedroom het!

Hunter Killer

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

deur Brad Taylor
Stefaans Coetzee, skrywer - Brad Taylor is een van ’n rits voormalige spesiale magte operateurs wat deesdae die politieke spannings genre domineer en anders as in Ludlum en Forsyth se dae is dit moeilik om vas te stel wie kraai nou eintlik koning.

UA-34820896-1