The Final Hour - Tom Wood

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Stefaans Coetzee, skrywer - Tom Wood se debut boek, The Killer, waarin hy die huurmoordenaar Victor bekendstel, word bemark met: “Forget James Bond. Forget Jason Bourne. Forget Jack Bauer. Meet Victor: He’s an assassin - a man with the no past and no surname.”

Van die grootste name in dié genre word op die voorblad aangehaal ter ondersteuning van hierdie stelling. Gregg Hurwitz, skrywer van die blitsverkoper Orphan X-reeks, skryf: “Terrifically fun and explosively propulsive.”
In boek 6 in die reeks, A time to die, vergiftig Victor die vroulike meester sluipmoordenaar, Raven, nadat sy hom probeer vermoor het. In The final hour se opening hoofstuk bely Victor sy sondes aan ‘n priester en noem onder andere dat Raven kon oorleef het, maar slegs as sy sterk genoeg is.

Die aksie in The Final Hour kring om Antonio Alvarez, ‘n magtige man in US Intelligence Agency kringe, se beheptheid om Victor vas te keer. Met sy nuwe aanstelling het Antonio skielik die nodige hulpbronne om Victor uiteindelik te vang. Victor is genoop om Raven te nader om hulp. En dit is petrol op die vuur, want Raven het talryke vyande wat haar bloed soek.

Tom maak ook ‘n hele paar los drade uit sy vorige boeke in The Final Hour vas.

Ek sou nie so ver gaan om Victor in dieselfde asem as die ikoniese Jason Bourne te noem nie, maar indien jy gaande is oor Mitch Rapp, Gabriel Allon, John Rain en Will Robie, is Victor jou sluipmoordenaar.

UA-34820896-1