Wolk

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

deur Hannes Barnard (jeugfiksie 13+)
Louise van der Merwe, skrywer - Hannes Barnard het iets reggekry wat min skrywers al ooit kon doen - hy het my 4:30 in die oggend laat opstaan sodat ek kon klaar lees wat ek die vorige aand mee aan die slaap geraak het en myself oor wakker gedroom het!

Wolk is beslis nie net nog ‘n boek vir jong volwassenes nie, inteendeel ek is jaloers dat so ‘n uitsonderlike boek nie vir volwasse fiksie bedoel was nie. Hannes Barnard se skryfstyl trek jou so vinnig in die boek in jy vergeet jy is al ‘n ou grootmens met meer verantwoordelikhede as om voorbereid te wees vir die volgende Wiskunde vraestel wat om die draai is.

Ek het Xandr en Rufus se karakters vreeslik geniet, selfs die res van die karakters in die boek word so mooi ingekleur jy kan nie anders as om te voel jy ken hulle persoonlik nie. Geen pretensie, oop en eerlik. 

Vriendskap was vir my die kern van hierdie verhaal met ‘n goeie stoot avontuur, tikkie romanse en bitter werklikheid. Die spanning was meesterlik deurweef tot so mate dat ek myself gevang erg bekommerd raak het oor hierdie twee se kos voorraad en uiteindelik hulle lot.

Waarskuwing! Die boek gaan by jou spook tot jy hom klaar gelees het en dan gaan jy kwaad wees omdat hy klaar is want daar is nog soveel wat mens wil weet en soveel wat met saam met hulle wil ontdek! Dit voel of ek Xandr en Rufus in die steek laat deur die boek toe te maak!

UA-34820896-1