Jesus-Leierskap: Hoe om te lei in ‘n veranderende wêreld deur Roedolf Botha

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Ek moet erken, ek is sedert die eerste inperkings nog nie weer terug kerk toe nie. Dit is vir my veel veiliger om in my huis na Facebook-preke te luister. Soms sommer nog onder die komberse en ek kan ook kies waarna ek wil luister. Van die kerke is so aktief op sosiale media en ek verstaan nie hoekom alle kerke nie jare gelede aanlyn begin preek het nie.

Drie dekades van verandering: Die NG Kerk se pad van verruiming

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Drie dekades van verandering: Die NG Kerk se pad van verruiming - Neels Jackson (NB Uitgewers) Voor 1990 was die NG Kerk, soos die Nasionale Party, ’n groot en bestendige deel van die Afrikaanse landskap. Maar oor die laaste drie dekades het die kerk en sy rol ingrypend verander. Daar is nou vroue op die kansel, verskillende spiritualiteite binne die kerk en breër verhoudings met ander kerke.

Met voortslepende tweespalt oor kerkeenheid en ander verdelende kwessies soos die gaydebat, teologiese opleiding en dalende lidmaatgetalle is die NG Kerk vandag glad nie meer die onaantasbare, Nasionale Party in gebed wat dit eens was nie.

Neels Jackson, bekende skrywer en kerkverslaggewer van byna 30 jaar, beskryf dié prosesse vanuit sy posisie in die binnekring van die kerk en vra wat moet die kerk dan doen en wees vandag? Op die ou end bly dít die toets vir enige kerk: in watter mate is haar lidmate volgelinge van Christus deur wie die wêreld iets van God se liefde kan beleef?

WEN DIE BOEK: ‘n Leser kan die boek gratis kry, deur die maklike vraag te antwoord. Wie is Neels Jackson? Stuur ‘n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Die wenner sal op Donderdag 27 Mei met ‘n gelukstrekking bepaal word.

Salla se boekrak

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

’n Baie lang brief aan my dogter - Marita van der Vyver (NB Uitgewers) Marita van der Vyfer is een van Afrikaans se mees geliefde skrywers. In die boek vertel sy van haar grootwordjare in Suid-Afrika (1960s en 1970s), in die bloeityd van apartheid. Dit is ook ‘n storie oor taal en boeke en die wonderwerk van woorde. En hoe dit gekom het dat ’n skaam boekwurm uit ’n Afrikaanse middelklasfamilie, wat slegs ’n geslag vroeër nog werkersklas was, ’n skrywer geword het.

Dis ’n boek wat die meeste mense nie sal kan neersit nie omdat dit ’n speurtog is deur ’n skrywer se beginjare en ’n liefdesbrief is aan ’n dogter en aan ’n taal en aan ’n land. En ’n ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe.

Salla sê: Ek is nog altyd een van Marita se grootste bewonderaars vandat ek Griet skryf ‘n Sprokie in my universiteitsjare gelees het. Daarna was Wegkomkans en Dinge van ‘n Kind ook gou op my boekrak.

Ek het ‘n Baie lang brief geniet en wou die boek nie neersit nie. 

Waar ek dink dit is ‘n moet lees vir almal wat in daardie era grootgeword het, en selfs by ons jong mense van vandag, dink ek tog die boek sal nie sommer aanklank vind by almal nie al het ek dit geweldig geniet. Sy skryf prontuit oor lyfstraf, huishulpe en hoe anders dinge in ons grootword Suid-Afrika was wat ons eintlik as van selfsprekend ervaar het, en nooit twee keer oor gedink is nie.

Sulke boeke is nodig om jou te bevry van denke dat iets soos lyfstraf eintlik nodig is en behoort toegepas te word. Dis bog. Waar in jou lewe kan jy dit regverdig om ‘n kind te slaan tot hy ore kry? Die boek is hoogs aan te beveel.

UA-34820896-1