Die vinnigste skoene in die hele wêreld

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Cecilia Steyn en Johann Strauss: Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. 

Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger
as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk ’n paar superherotekkies aantrek en dan moet help om ’n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?

Vir kinders 6-9 jaar oud.

Maggie: My lewe in die kamp

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Die aangrypende verhaal van ‘n jong meisie in die AngloBoereoorlog - Maggie Jooste Margaretha (Maggie) Jooste was net 13 jaar oud toe die Anglo Boereoorlog uitbreek en haar lewe ingrypend verander.
Ná maande in huisarres op Heidelberg in die Transvaal, word sy, haar ma en jonger broers en susters in ’n veetrok gelaai en na ’n konsentrasiekamp in Natal gestuur. In die kamp ervaar hulle honger, onsekerheid en verlies, maar ook soms - op ’n verrassende wyse - die goedhartigheid van Britse soldate.
Hierdie baie persoonlike vertelling, in haar eie woorde, is ’n verhaal van swaarkry en erge ontbering, maar ook van medemenslikheid en vriendskappe oor vyandsgrense heen. 

Salla sê: Hierdie boek is beslis nie ‘n vervelige geskiedenisles nie, maar eerder ‘n storie wat ons oumagrootjies kon vertel as ons net wou luister. Ons weet min van die lewe in konsentrasiekampe waaraan ons voorouers onderwerp was. As Maggie se kleinkinders nie hierdie manuskrip ontdek het na dit 57 jaar vergete in ‘n boekrak gelê het nie, sou ons nie in haar ervaring kon deel nie. Ek het die boek gedurende die inperking gelees en net weer besef dat die oorlog wat ons teen ‘n onsigbare
virus veg, nie naastenby vergelyk kan word met die werklikheid en wreedheid van oorlog nie. Interessant is dat Maggie lank in Klerksdorp gewoon het waar sy haar kinders grootgemaak het.

The Girl Who Lived Twice by David Lagercrantz

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

The new episode in David Lagercrantz’s acclaimed, internationally bestselling continuation of Stieg Larsson’s Dragon Tattoo series is a thrilling ride that scales the heights of Everest and plunges the depths of Russian troll factories. It begins with the discovery of Mikael Blomkvist’s number at Millennium magazine in the pocket of an unidentified homeless man who died with the name of a government minister on his lips. Blomkvist, at extreme risk to himself, tracks down his old friend and will protect her as far as he can. But he is powerless to crush her enemies on his own.

Salla sê: As jy die Girl with the Dragon tattoo trilogie deur wyle Stieg Larsson gelees het, sal jy nie teleurgesteld wees nie. Die
boek is die sesde in die reeks nadat Lagercrantz die karakters oorgeneem het en verder geskryf het na Larsson se skielike dood. Dit is nie vir sensitiewe lesers nie en die aksie hou jou bladsy vir bladsy vasgenael. Heerlike fiksie.

Sold on a Monday by Kristina McMorris

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

2 CHILDREN FOR SALE. The scrawled sign, peddling young siblings on a farmhouse porch, captures the desperation sweeping the country in 1931. It’s an era of breadlines, bank runs, and impossible choices. For struggling reporter Ellis Reed, the gut-wrenching scene evokes memories of his family’s dark past. He snaps a photograph of the children, not meant for publication. But when the image leads to his big break, the consequences are devastating in ways he never imagined.

Salla sê: Die boek is geinspireer deur ‘n regte foto in ‘n koerant en die skrywer ontdek raakpunte tussen dit wat voor en agter die kamera gebeur en die uitwerking daarvan op ‘n mens se lewe. Ek het die boek geniet veral oor ek as fotograaf en joernalis
kon identifiseer met die karakters in die roman.

UA-34820896-1