Wolk

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

deur Hannes Barnard (jeugfiksie 13+)
Louise van der Merwe, skrywer - Hannes Barnard het iets reggekry wat min skrywers al ooit kon doen - hy het my 4:30 in die oggend laat opstaan sodat ek kon klaar lees wat ek die vorige aand mee aan die slaap geraak het en myself oor wakker gedroom het!

Hunter Killer

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

deur Brad Taylor
Stefaans Coetzee, skrywer - Brad Taylor is een van ’n rits voormalige spesiale magte operateurs wat deesdae die politieke spannings genre domineer en anders as in Ludlum en Forsyth se dae is dit moeilik om vas te stel wie kraai nou eintlik koning.

Die 6 weke van Thomas & Ella

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

deur Zelda Nel Bezuidenhout (jeugfiksie 13j +)

Louise van der Merwe, skrywer - Om te sê hierdie boek breek cliché grense is ʼn understatement! Die lokteks berei jou nie voor vir die verhaal wat uiteindelik tussen die blaaie uitspring en nie net al jou verwagtinge oorskry nie maar jou ook met die spreekwoordelike vuis tussen die oë kom slaan.

Floreer - Ilse Salzwedel

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Salomé Kotzé, redakteur - Selfhelp-boeke was nog nooit regtig op my leeslysie nie. Maar tye en prioriteite verander en so gebeur dit toe dat ek een aand verlede week die boek oopmaak. Ses hoofstukke later het ek eers my bedliggie afgeskakel.

Ek dink dit is daardie eerste paar bladsye wat my gehoek het, want daar is toe wraggies nog mense wat net nie uit die bed wil opstaan en die dag in die gesig staar nie, want dit voel of hul probleme hul onderkry. Wat eerder die kombers oor hul koppe wil trek en net slaap en slaap en slaap, maar dan tog maar opstaan en met hul daaglikse take voortgaan. Mens noem dit veerkragtigheid - daardie vermoë om ten spyte van vele struikelblokke, jouself tot maar regop te hou en aan te gaan met die lewe.

Ilse, ‘n joernalis en radio-persoonlikheid, delf in haar eie verlede en deel van haar ervarings wat die lewe vir haar ook te swaar was, maar weens verantwoordelikhede sy haarself moes dwing om op te staan om die pot aan die kook te hou. Sy ondersoek ook juis hoe ‘n persoon na so ‘n terugslag dit regkry om nie net weer op te staan nie, maar ook te floreer.

Sy sê veerkragtigheid is nie net vir sommige mense beskore nie, ons almal het die vermoë, maar net soos ons spiere, moet ons daaraan oefen.

Ek is nog nie klaar gelees aan Floreer nie, maar met praktiese wenke is dit ‘n lekker-lees boek met baie waardevolle inligting.

The Final Hour - Tom Wood

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Stefaans Coetzee, skrywer - Tom Wood se debut boek, The Killer, waarin hy die huurmoordenaar Victor bekendstel, word bemark met: “Forget James Bond. Forget Jason Bourne. Forget Jack Bauer. Meet Victor: He’s an assassin - a man with the no past and no surname.”

Van die grootste name in dié genre word op die voorblad aangehaal ter ondersteuning van hierdie stelling. Gregg Hurwitz, skrywer van die blitsverkoper Orphan X-reeks, skryf: “Terrifically fun and explosively propulsive.”
In boek 6 in die reeks, A time to die, vergiftig Victor die vroulike meester sluipmoordenaar, Raven, nadat sy hom probeer vermoor het. In The final hour se opening hoofstuk bely Victor sy sondes aan ‘n priester en noem onder andere dat Raven kon oorleef het, maar slegs as sy sterk genoeg is.

Die aksie in The Final Hour kring om Antonio Alvarez, ‘n magtige man in US Intelligence Agency kringe, se beheptheid om Victor vas te keer. Met sy nuwe aanstelling het Antonio skielik die nodige hulpbronne om Victor uiteindelik te vang. Victor is genoop om Raven te nader om hulp. En dit is petrol op die vuur, want Raven het talryke vyande wat haar bloed soek.

Tom maak ook ‘n hele paar los drade uit sy vorige boeke in The Final Hour vas.

Ek sou nie so ver gaan om Victor in dieselfde asem as die ikoniese Jason Bourne te noem nie, maar indien jy gaande is oor Mitch Rapp, Gabriel Allon, John Rain en Will Robie, is Victor jou sluipmoordenaar.

UA-34820896-1