Rustigheid daal neer oor MMC

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die hoogtepunt van die afgelope Mighty Men konferensie was die gesinsdag op Sondag. So vertel die sekretaresse, Mariaan Kruger.

Volgens haar was die gebeurtenis wat van 23-25 Februarie by Inyala Lodge buite die stad plaasgevind het, ‘n groot sukses - al was dit byna ‘n derde kleiner as verlede jaar se byeenkoms met heelwat minder mense.

“Ons het dit verwag omdat Angus Buchan nie self hier was nie. Vanjaar was dit ‘n meer plaaslike byeenkoms met pastore Jacques Goosen en Mark Bailey,” vertel sy.

Volgens haar was die rustigheid ook vir haar baie spesiaal. “Ons hou volgende week nabetragting en sal dan oor 2019 besluit.”

UA-34820896-1