Baardman sing by Goudkoppie

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Jo Black is tans een van die gewildste kunstenaars in die land. Hy is die grootste aantrekkingskrag by die 6de Oppiegoudkoppiefees wat op 4 Augustus plaasvind.

Die fees vind by die Goudkoppie-erfenisterrein langs die N12 plaas. Die baardman sal om 11:00 optree.

Om 09:00 kan die kinders kom kyk en luister na Buster en Bella en om 14:00 sal Wymand en Cheree optree.

Daar sal ook lekker kos, ‘n biertuin en ‘n veiling wees.

Die kaartjies kos R60 vir volwassenes en R40 vir kinders. Die kaartjies is by die Hervormde Kerk Orkney se kerkkantoor te koop. Diegene wat vroeg kaartjies koop, kry ‘n korting van R10 per kaartjie.

Skakel Yolanda by 071 870 3691 vir meer inligting.

UA-34820896-1