
deur Carla Cloete
Uitgegee deur NB Uitgewers
Wikus se wetenskaplike dagboek is Karla Cloete se debuutverhaal wat skreeusnaakse pret vir die middelouderdomsgroep inhou! Karla, ’n Suid-Afrikaanse HPCSA geregistreerde berader, ly soos haar karakter
Wikus aan ADHD. Sy het nie een nie, nie twee nie, maar VIER grade onder die beld! Sy is ook ’n medestigter en direkteur van The Together Project, ’n nie-winsorganisasie wat fokus op gemeenskapsgeestesgesondheid deur kuns en die voorkoming van geslagsgebaseerde geweld. In Wikus se wetenskaplike dagboek besluit Wikus om ’n dagboek te hou vir een belangrike rede: Sy nuutste wetenskaplike eksperiment het, soos al die ander, verskriklik, verskriklik verkeerd geloop en hy wil uitvind waarom.