Klerksdorp Rugby vier 130 jaar

Written by Midweek. Posted in Sport

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Klerksdorp rugby is 130 jaar oud en dit is rede vir ‘n groot partytjie.

Rugby het in 1889 hier afgeskop en 130 jaar later word dit gevier met ‘n makietie wat oor twee dae strek.
Op 19 Julie vind ‘n manne-aand met Wicus van der Merwe in die Portugese Saal plaas. Daar sal ook ‘n veiling van memorabilia wees.

Dit word beskryf as die 130 jaar reünie. Die kaartjies kos R5 000 per tafel van tien en dit sluit ‘n Mike’s Kitchen-ete in.

Die volgende dag, Saterdag 20 Julie, word rugby gevier by die Markotterstadion. Om 08:00 speel skole teen mekaar, om 11:00 vind sub-unie provinsiale wedstryde plaas en om 13:00 speel Klerksdorp teen Vereeniging.

Na 19:00 is dit makietietyd met lewendige musiek. Daar sal kos te koop wees en speelplek vir die kinders. Die hekke maak om 08:00 oop en die toegang vir die rugbydag is R10 elk.

Meer info by 083 272 8818.

UA-34820896-1